Alain Poher

Alain Poher
Alain Poher
Alain Poher in 1969

Voorsitter van die Franse senaat
Ampstermyn
3 Oktober 1968 – 2 Oktober 1992
Voorafgegaan deur Gaston Monnerville
Opgevolg deur René Monory

President van die Europese Parlement
Ampstermyn
7 Maart 1966 – 11 Maart 1969
Voorafgegaan deur Victor Leemans
Opgevolg deur Mario Scelba

President van die Franse Republiek (tussentyds)
Ampstermyn
2 April 1974 – 27 Mei 1974
Voorafgegaan deur Georges Pompidou
Opgevolg deur Valéry Giscard d'Estaing

President van die Franse Republiek (tussentyds)
Ampstermyn
28 April 1969 – 20 Junie 1969
Voorafgegaan deur Charles de Gaulle
Opgevolg deur Georges Pompidou

Persoonlike besonderhede
Gebore 17 April 1909
Ablon-sur-Seine, Frankryk
Sterf 9 Desember 1996
Parys
Politieke party MRP

Alain Émile Louis Marie Poher (17 April 1909 Ablon-sur-Seine (in die Franse departement Seine-et-Oise) - 9 Desember 1996 Parys) was 'n Franse en Europese staatsman.

Hy word as lid van die Mouvement républicain populaire (MRP) in 1946 verkies as lid van die Franse senaat. In die tweede kabinet Schuman word hy minister van Finansieë en sekretaris vir die begroting in die eerste kabinet Henri Queuille. Hy was ', vriend van Robert Schuman. Hy word in 1968 voorsitter van die Franse senaat en sal dit 24 jaar lank bly met 8 herverkiesings. Hy is ná die aftree van Charles de Gaulle asook na die dood van Georges Pompidou twee keer tussentydse president. In 1969 probeer hy self as kandidaat van die Centre démocrate president te word, maar hy word in die tweede ronde van die presidentsverkiesings deur Pompidou verslaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy